RSG RADIO DRAMA SKRYF KOMPETISIE 2023

RSG in samewerking met die ATKV bied vanjaar vir die 27ste keer die RSG radiodramaskryfkompetisie aan.

Die prysgeld is vanjaar R115 000.  Die algehele wenner ontvang R50 000, die naaswenner R25 000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15 000.  Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang.  ‘n Bykomende merieteprys van R10 000 word toegeken aan ‘n drama wat deur die beoordelaars gekies word uit die finaliste wat nie vir die vier topposisies kwalifiseer nie.

Buiten die prysgeld word die wendramas ook in 2024 op RSG uitgesaai.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Donderdag 31 Augustus 2023.  Inskrywings kan per e-pos gestuur word na radiodrama@rsg.co.za.

Daar is geen voorgeskrewe tema nie. Inskrywings  moet nuwe en oorspronklike radiodramas wees. Geen verwerkings van bestaande materiaal of verhoogdramas of stories wat al voorheen gepubliseer is, sal aanvaar word nie.

Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.  Die duur van die dramas moet tussen 40 en 50 minute wees – ‘n maksimum van 45 A4-bladsye wat volgens die wedstrydreëls getik is.  ‘n Maksimum van sewe karakters word toegelaat.

‘n Volledige handleiding wat ook die reëls en inskryfvorm bevat, is gratis op RSG se webblad beskikbaar. In die eerste ronde van beoordeling word tussen tien en twintig tekste gekies wat dan met die hulp van ‘n mentor vir die eindronde geslyp word. Die finaliste kan daarna hulle tekste vir die eindronde van beoordeling voorlê.

Besoek RSG se webblad by rsg.co.za vir besonderhede oor die kompetisie, en om die kompetisie se handleiding af te laai.