{"id":15954,"date":"2023-12-14T13:10:28","date_gmt":"2023-12-14T11:10:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/sabc\/?p=15954"},"modified":"2023-12-14T13:10:28","modified_gmt":"2023-12-14T11:10:28","slug":"robben-eiland-wedloop-kenneth-makatees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/robben-eiland-wedloop-kenneth-makatees\/","title":{"rendered":"Robben Eiland Wedloop-Kenneth Makatees"},"content":{"rendered":"<p>\u201cWat \u2018n wedloop!&#8230;..Wat \u2018n belewenis !\u201d<\/p>\n<p>Dit som die Robbeneiland-wedloop op wat deur die SABC en Robbeneiland Museum op 2 Desember op die eiland gehou is.<\/p>\n<p>Die hardlopers het vroegoggend reeds in bote op die eiland begin aankom.<\/p>\n<p>Om 8h15 het die eerste groep weggespring.<\/p>\n<p>Die wedloop is gehou om die 60 jaar te herdenk sedert Nelson Mandela en Robert Sobukwe in 1963 die eerste keer saam op die eiland aangehou was.<\/p>\n<p>Alhoewel dit die fokus was, moet ons nie uit die oog verloor dat Robbeneiland vir meer as 300 jaar as gevangenis gebruik was. Die geskiedenis van Suid-Afrika is dus nou verweef met Robbeneiland oor die afgelope byna 400 jaar.<\/p>\n<p>Robbeneiland is ook \u2018n ekologiese bewaringsgebied en in die beplanning van die wedloop moes dit ook in ag geneem word. Dit is juis nou die broeityd van die pikkewyne en die besluit is geneem om die wedloop in verskillende fases aan te pak sodat daar nie een-duisend mense op dieselfde tyd hardloop nie.<\/p>\n<p>Alhoewel daar enorme belangstelling was, is daar n\u00e1 ernstige gesprekke en moeisame onderhandelinge besluit om die deelnemers tot een-duisend te beperk.<\/p>\n<p>Na die wedloop het die deelnemers gratis koffie en roomys geniet wat deur ons vennote, wat deel van die verrigtinge was, verskaf is.<\/p>\n<p>Deelnemers kon ook op \u2018n kort toer gaan en die sel van Nelson Mandela en die huis waar Robert Sobukwe aangehou was, besoek.<\/p>\n<p>Uiteindelik was dit \u2018n hele ervaring wat ons vir die deelnemers geskep het teen \u2018n baie bekostigbare prys van R475. Robbeneiland, wat ook ons vennoot was, het byvoorbeeld die koste van die bootreis vir deelnemers verlaag. Dit is ook nie sommer by enige wedloop waar mense gratis koffie en roomys kry nie. Dit is aspekte wat waarde toevoeg tot die Robbeneiland-wedloop.<\/p>\n<p>Navrae begin alreeds inkom oor volgende jaar se wedloop.<\/p>\n<p>Dit is waar die SABC so \u2018n belangrike rol vervul. Die wedloop pas perfek in by ons mandaat om in\u00a0 te lig, op te voed en te vermaak. Ek wys ook graag daarop dat dit aansluit by ons tradisionele roeping en dit is om mense by mekaar te bring.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cWat \u2018n wedloop!&#8230;..Wat \u2018n belewenis !\u201d Dit som die Robbeneiland-wedloop op wat deur die SABC en Robbeneiland Museum op 2 Desember op die eiland gehou is. Die hardlopers het vroegoggend reeds in bote op die eiland begin aankom. Om 8h15 het die eerste groep weggespring. Die wedloop is gehou om die 60 jaar te herdenk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":15956,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"cybocfi_hide_featured_image":"","footnotes":"","_links_to":"","_links_to_target":""},"categories":[76],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15954"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15954"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15954\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":15957,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15954\/revisions\/15957"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15956"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15954"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15954"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15954"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}