{"id":15882,"date":"2023-12-05T16:34:41","date_gmt":"2023-12-05T14:34:41","guid":{"rendered":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/sabc\/?p=15882"},"modified":"2023-12-07T09:40:58","modified_gmt":"2023-12-07T07:40:58","slug":"nic-de-jager-rsg-broadcaster","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/nic-de-jager-rsg-broadcaster\/","title":{"rendered":"Nic de Jager, RSG broadcaster"},"content":{"rendered":"<p>Frederik Nicolaas de Jager, algemeen bekend as Nic, is onlangs tydens die radiotoekennings by die Heldesaal ingehuldig. Hy vier vanjaar sy 83ste verjaarsdag maar klink soos \u2018n pragtige deuntjie op lug. Hy was een van die eerste uitsaaiers toe die SAUK in Commissionerstraat, sentraal Johannesburg gele\u00eb was. Nic het in die 1960\u2019s by die openbare uitsaaier aangesluit en was een van die goue stemme van die mees gewilde vervolgverhale in die 1970\u2019s. Hy was ook \u2018n baie suksesvolle film- en televisie-akteur aan die beginjare van Suid-Afrikaanse televisie, met meer as 10 produksies op sy kerfstok. Verder was hy een van die eerste televisienuuslesers by die SAUK.<\/p>\n<p>Tussen 1966 en 1974 was Nic \u2018n aanbieder en vervaardig by die Afrikaanse diens en tot vandag toe bied hy uitsekende radioprogramme aan.\u00a0 \u201cNic se goed\u201d, is \u2018n klassieke musiekprogram op RSG wat Sondae om 12:00 uitsaai en \u2018n absolute gunsteling onder luisteraars is. In di\u00e9 program speel hy sy persoonlike klassieke- en operaversameling voor en vervleg dit met kort stories en lewer sosiale kommentaar oor die alledaagse lewe. Dit is een van die gewildste programme op RSG wat aanvanklik slegs 13 weke sou duur. Die program is nou al meer as 9 jaar op lug met soveel as 450 episodes agter die rug.<\/p>\n<p>Sy voorlessing van gedigte op RSG is gevul met tydlose skoonheid en diepte wat keer-op-keer die luisteraars in vervoering het.<\/p>\n<p>As \u2018n deurwinterde uitsaaier, stemkunstenaar, akteur, vervaardiger en fotograaf, is Nic waarlik \u2018n Afrikaanse legend.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Frederik Nicolaas de Jager, algemeen bekend as Nic, is onlangs tydens die radiotoekennings by die Heldesaal ingehuldig. Hy vier vanjaar sy 83ste verjaarsdag maar klink soos \u2018n pragtige deuntjie op lug. Hy was een van die eerste uitsaaiers toe die SAUK in Commissionerstraat, sentraal Johannesburg gele\u00eb was. Nic het in die 1960\u2019s by die openbare [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":18,"featured_media":15884,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"cybocfi_hide_featured_image":"","footnotes":"","_links_to":"","_links_to_target":""},"categories":[76],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15882"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/users\/18"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15882"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15882\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":15908,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15882\/revisions\/15908"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15884"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15882"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15882"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15882"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}