{"id":14902,"date":"2023-06-27T07:32:03","date_gmt":"2023-06-27T07:32:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/sabc\/?p=14902"},"modified":"2023-06-27T07:32:03","modified_gmt":"2023-06-27T07:32:03","slug":"rsg-radio-drama-skryf-kompetisie-2023","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/rsg-radio-drama-skryf-kompetisie-2023\/","title":{"rendered":"RSG RADIO DRAMA SKRYF KOMPETISIE 2023"},"content":{"rendered":"<p>RSG in samewerking met die ATKV bied vanjaar vir die 27ste keer die RSG radiodramaskryfkompetisie aan.<\/p>\n<p>Die prysgeld is vanjaar R115\u00a0000.\u00a0 Die algehele wenner ontvang R50\u00a0000, die naaswenner R25\u00a0000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15\u00a0000.\u00a0 Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15\u00a0000 ontvang.\u00a0 \u2018n Bykomende merieteprys van R10\u00a0000 word toegeken aan \u2018n drama wat deur die beoordelaars gekies word uit die finaliste wat nie vir die vier topposisies kwalifiseer nie.<\/p>\n<p>Buiten die prysgeld word die wendramas ook in 2024 op RSG uitgesaai.<\/p>\n<p>Die sluitingsdatum vir die kompetisie is <strong>Donderdag 31 Augustus 2023.<\/strong>\u00a0 Inskrywings kan per e-pos gestuur word na <a href=\"mailto:radiodrama@rsg.co.za\">radiodrama@rsg.co.za<\/a>.<\/p>\n<p>Daar is geen voorgeskrewe tema nie. Inskrywings\u00a0 moet nuwe en oorspronklike radiodramas wees. Geen verwerkings van bestaande materiaal of verhoogdramas of stories wat al voorheen gepubliseer is, sal aanvaar word nie.<\/p>\n<p>Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.\u00a0 Die duur van die dramas moet tussen 40 en 50 minute wees \u2013 \u2018n maksimum van 45 A4-bladsye wat volgens die wedstrydre\u00ebls getik is.\u00a0 \u2018n Maksimum van sewe karakters word toegelaat.<\/p>\n<p>\u2018n Volledige handleiding wat ook die re\u00ebls en inskryfvorm bevat, is gratis op RSG se webblad beskikbaar. In die eerste ronde van beoordeling word tussen tien en twintig tekste gekies wat dan met die hulp van \u2018n mentor vir die eindronde geslyp word. Die finaliste kan daarna hulle tekste vir die eindronde van beoordeling voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Besoek RSG se webblad by <a href=\"http:\/\/www.rsg.co.za\">rsg.co.za<\/a> vir besonderhede oor die kompetisie, en om die kompetisie se handleiding af te laai.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>RSG in samewerking met die ATKV bied vanjaar vir die 27ste keer die RSG radiodramaskryfkompetisie aan. Die prysgeld is vanjaar R115\u00a0000.\u00a0 Die algehele wenner ontvang R50\u00a0000, die naaswenner R25\u00a0000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15\u00a0000.\u00a0 Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15\u00a0000 ontvang.\u00a0 \u2018n Bykomende merieteprys van R10\u00a0000 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":18,"featured_media":8918,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"cybocfi_hide_featured_image":"","footnotes":"","_links_to":"","_links_to_target":""},"categories":[76],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14902"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/users\/18"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14902"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14902\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":14903,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14902\/revisions\/14903"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8918"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14902"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14902"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.sabc.co.za\/sabc\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14902"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}